Leano Haupt van Vredenburg-rugbyklub druk die eerste drie. Foto: Ivanka Engels

B. Boys gee uitklophou


Terwyl Vredenburg en St. Helenabaai op Saterdag 5 September om die tweede posisie baklei het, het Saldanhabaai laasgenoemde twee van die pawiljoen af dopgehou.

Die Albatrosse, wat verlede Saterdag met Saldanhabaai in die Saldanha Transnet-stadion afgereken het, het hulle ongelukkig teen Vredenburg vasgeloop en die Albatrosse se vlerke is kortgeknip.

Die Albatrosse, wat die eerste kwart van die eerste helfte beheer het en vinnig ‘n voorsprong van 17-6 opgebou het, is stadig deur Vredenburg tot oorgawe gedwing ná goeie spel deur voor- en agterspelers en die telling na 20-17 verander. In die tweede helfte het Vredenburg se Burg Boys die uitklophou geplant en die wedstryd met 49-34 belink.

Met die oorwinning het Vredenburg seker gemaak dat die Albatrosse uit die wedloop is om die tweede posisie.

Saldanhabaai, wat sy wedstrydverpligtinge op Saterdag 29 Augustus voltooi het, is nou verseker van die titel vir ‘n tweede agtereenvolgende jaar en kan nou konsentreer op voorbereiding vir die Top-12-uitspeelwedstryde.

Porterville se poging oorkant die N7 het ook op ‘n einde gekom toe Abbotsdale Lillies die tweede posisie syne gemaak het.

In die Swartwes-streekuitdaag het Young Eales, Coronations, Voorberg en Darling Young Tigers baklei tot op die laaste vir die eerste en tweede plekke.

Young Eagles, wat op Saterdag (29 Augustus) sy bepalings in die Swartwes-streekbekerkompetisie voltooi het en die eerste plek ingeneem het, het angstig gesit en gewag om te kyk wat gebeur tussen Coronations en Voorberg op Saterdag 5 September.

‘n Verloor teen Voorberg sou beteken het dat Eagles die streekuitdaagbeker verower. Dit het ongelukkig nie so uitgewerk nie, en Coronations het sy laaste wedstryd teen Voorberg met 40-19 gewen en die beker voor Eagles se neus weggeraap en die Swartwes-streekuitdaag titel syne gemaak.

In die Top-8-vroue-afdeling het Malmesbury Daisies en Mamre Vroue gekwalifiseer en sal die Swartland verteenwoordig.

Met die laaste wedstryde afgehandel kan die 2026 Sanlam Boland Top-12-kandidate van die ses streke bevestig word.

Grootuitdaagbeker-kwalifiseerders:

Breë Langeberg: Robertson, Villagers Worcester. Noord-Weste: Invincible, Delicious Noordwes. Overberg: Hawston, Safcol United. Swartland: Wesbank, Abbotsdale. Weskus: Saldanhabaai, Vredenburg. Witsentraal: Roses United, Bella Vista. Swartwes-streekuitdaagbeker: Coronations, Young Eagles. Top-8-vrouespanne: Walkerbay (Hermanus), Central Wolves (Wellington), Mamre, Roses United (Wellington), Daisies (Malmesbury), Agulhas Giants (Bredasdorp), Warriors Worcester en Young Goodhopes (Ceres).

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 10 September 2026
    Weslander E-Edition – 10 September 2026

Gift this article