Malmesbury-ompad is amptelik oop:
Dit is juis vir al die swaarvoertuie wat deur ons dorp moet ry tot by die N7. Vir veral die huise langs Voortrekkerweg sal die geraas en stof minder wees en die pad langer hou. Mense, as jul net moet weet hoeveel vragmotors elke liewe dag daar deurkom. Die beste wat kon gebeur het. – Jo Retief
Ek glo nie die vragmotors gaan daardie pad ry nie, ek hoor hul nog steeds hier by my huis verby jaag. Dit is ‘n langer roete Saldanha toe. Ek is ook al moeg vir die vragmotors se lawaai, veral snags en naweke. – Joey Kriek
Pad gaan nie baie gebruik word nie. en dit gaan ook ‘n stukkie uit Malmesbury se ekonomie neem. – Deon Swartz
Fastastiese nuus. Great om te woon in ‘n streek waar mens kan sien waarop geld bestee word. – Anna-Marie JC le Roux
SBM swyg oor koalisie, maar Good bevestig ‘n ooreenkoms:
22 April is ‘n belangrike datum. Dan kan almal kom stem vir onafhanklike raadslede, wat nie aan enige politieke party behoort nie. Dis tyd dat ons opstaan vir onsself en iets doen! Individue kan ‘n verskil maak. – Leonie Vorster
Thyrone Williams is ‘n goeie mens. Dit maak nie saak watter party hy verteenwoordig nie. Hy gee om vir die mense en dit is wat saak maak. – Justine Bishop
Hoekom sal SBM swyg as daar ‘n koalisie-ooreenkoms is? Doen steeds dinge op omstrede manier, soos met die verkiesing van die burgermeester? – Wilfred Snyders
R45-pad eis die lewe van ses:
Wow, this is so sad. My sincere and heartfelt condolences to the family and friends of the deceased. – Brice Bracken
Ai, dis so bitter hardseer. Sterkte aan naasbestandes. – Tanya Groenewald
So hartseer, innige meegevoel aan almal in die familie. – Sintey Kock
Nog steeds onwerklik om te glo. – Rusinda Demas





