Gemeenskap van Laingville rou oor bekende se dood:
Jammer om te hoor. Sterkte aan al die familie. Rus in vrede, Japie. – Chris Els
What a legend, a big-hearted gentleman. – Elizabeth VorsterInnige meegevoel en sterkte aan die familie. – George WieseAg nee, dit is nou baie hartseer nuus. Sterkte aan sy familie. – Renie van der MerweSterkte aan die breë familie van Oom Japie, wat legendaries in die Weskus was. – Ricardo Carsten
Militêre basisse in Saldanha en Langebaan sonder krag:
Wat ‘n skande. Dis nou vir jou ‘n groot gemors. Wat nou nog? Daar is ‘n kliniek gebou wat ‘n wit olifant is. Daai geld kon gebruik word om die raad te betaal. Dis nou ‘n jammerte vir die inwoners. Dis tyd dat inwoners daar na plekke buite die basis kyk. Ek weet dis baie meer as wat hulle binne betaal waar als amper gratis is, maar dis natuurlik ‘n goeie les vir almal. – Solomons WILeer daaruit en word wakker. Begin onafhanklik wees.Dis maar soos dit met bykans alle staatsinstansies gaan. Die fat cats steel die geld en die res moet maar sien kom klaar. Dit is seker nie net die kragrekening wat uitstaande is nie, ander verskaffers staan seker ook maar tou vir betalings! – Allen DaleyMy man is in die Saldanha-vloot. Hulle almal moet 24 uur op wag wees weens die feit dat hulle geen krag het nie. Hulle almal is uitgemoor van moegheid. Al wat ons kan doen, is om te bid dat daar êrens hulp kom vir hulle. Wat nou aangaan, vreet aan ons. Om oor ‘n foon te hoor hoe moeg jou man klink om op bystand te wees, maak ‘n mens self bekommerd. Gaan ek my man binnekort by die huis sien of nie? Hulle moet mekaar aflos sodat elkeen ‘n paar uur slaap kan inkry voor hulle weer op wag gaan. – Jéan-marý Beckmann Hulle moet die persoon gaan soek wat betalings moet doen vir die staat. Iemand moet die deur gewys word. – Hester Mostert
Skole in Wes-Kaap gesluit weens weer:
Daar was nie vir ons sulke gelukke nie. Of jy nou pers of blou was, moes jy jou swaar tas vat en ‘n halfuur stasie toe loop vir die trein. Daai jare moes jy by Southfield oorklim na ‘n ander trein vir Retreat. Nou hoor ek die trein ry regdeur en jy hoef nie oor te klim na ‘n ander trein nie. As ek siek gespeel het, dan sê my ma: “Gaan haal die kasterolie.” Dan het ek vergeet ek was siek. – Linda KoenHulle kon dit Vrydag al gedoen het, dan het van die kinders nie Sondag al teruggegaan koshuis toe nie.



