Valke ondersoek SBM:
Tyd om bekwame munisipale raadslede aan te stel. Skande dat so iets gebeur, hoop daar word aksie geneem. Die verkiesing is net om die draai. – Gilbert Nortier
Iets wat ek ook nie kan verstaan nie, is dat ‘n normale huis tot en met 40 eenhede krag per dag gebruik. En jy kan nie die mikrogolf en ketel saam gebruik nie, dan trip die krag. Die munisipaliteit se mense was al daar en sê als is reg. Dit is alles ‘n geldmaakstorie. Hoe meer jy koop, hoe meer maak die munisipaliteit. – Corne Coetzee
Om dienslewering te beskerm, maar dan ontken hulle dat hulle ‘n verantwoordelikheid het om bulkdienste aan estates aan die noordekant van Langebaan te lewer nadat hulle die rioolpomp-installasie sonder inspeksie afgeteken het en toestemming aan ontwikkelaars gegee het om te ontwikkel. Nou moet eienaars R16 000 ‘n week betaal om die riool met tenkwaens te laat verwyder omdat die rioolpomp nooit gekoppel is nie. Hulle verhoog wel die eiendomswaardes en verwerp enige versoeke om dit te heroorweeg. Dit voel of jy teen ‘n ‘mafia’ te staan kom. – Ed Morrison
Vakansiegangers in Langebaan ingeloop:
Ek kan nog onthou hoeveel jaar terug wou iemand ook iets aan ons verkoop het. Gee toe die adres in Langebaan ens, maar omdat ek Langebaan ken, ken ons niemand wat daai persoon ken nie. ‘n Mens moet maar baie versigtig wees – hier is ‘n klomp skelms. – Lauren Davids
Die skelm se naam moet bekendgemaak word, want dit raak ons eerlike alleeneienaars wat persoonlik direk met kliënte werk. – Denise Badenhorst
Wyle Scott Phillip:
So jammer om te hoor. Ek gaan al van kleins af tot in my volwasse jare na Scotts se kwekery. Verlede maand het ek met jou gepraat en “impatients”-plantjies gekoop en selfs foto’s geneem om jou te wys hoe hulle geblom het. Maar nou blom jy in die Hemel tussen al die ander pragtige blomme wat die Here gepluk het. Rus sag, Oom Phillip; jy sal nooit vergeet word nie. – Kimberly Ann Ross
Sterkte aan sy famillie. Altyd vriendelik en behulpsaam met sy kliënte en sy werkers. Hy sal gemis word. – Audrey van Rooi
Ons innige meegevoel aan die familie. Sal sy vriendelikheid en goeie klantendiens altyd onthou. – Leon Kloppers




