Vrouemaand is ‘n spesiale tyd in Suid-Afrika – ‘n oomblik om stil te staan en die moed, krag en bydraes van vroue in alle sektore van die same-

lewing te vier. By die Atlantis- spesiale ekonomiese sone (Asez) gebruik ons hierdie geleentheid nie net om vroue in Augustus te vier nie, maar ook om ons voortdurende verbintenis tot die bemagtiging van vroue in alle aspekte van ons werk te bevestig.

Asez, wat as ‘n groentegnologie-spilpunt in die Atlantis-gemeenskap gewortel is, is trots daarop dat 60% van ons personeel uit vroue bestaan – vroue wat op die hoogste vlakke van die organisasie verteenwoordig word. Dit is meer as net ‘n statistiek – dit verteenwoordig ‘n verskuiwing in wat moontlik is vir vroue in ‘n sektor wat histories deur mans oorheers is.

Vroue lei die pad van administrasie tot tegniese rolle en hulle vernuwe en baan nuwe weë in die groentegnologieruimte.

Ons werk in gemeenskapsontwikkeling weerspieël hierdie verbintenis verder.

Ons sien deur Asez se vaardigheids-

en sakeontwikkelingsprogramme hoe vroue hulself aktief laat oplei om hul ondernemings te laat groei. Altesaam 20 vroue het onlangs aan ons beroepsgesondheid- en veiligheidsopleiding deelgeneem, waar hulle noodsaaklike noodhulpkennis opgedoen het, inslui-

tend die beginsels vir kardiopulmonêre resussitasie (KPR) – hoe om iemand te help wat verstik en hoe om brandwonde te behandel.

Dit is nie net praktiese vaardighede vir die werkplek nie, maar lewensreddende kennis vir die huis en breër gemeenskap.

Digitale vaardighede is net so noodsaaklik in vandag se wêreld. Ons mobiele digitale geletterdheidsprogram het 18 vroue ondersteun om selfvertroue in tegnologie op te bou. Hierdie inisiatief het ‘n veilige en verwelkomende leeromgewing geskep, wat gehelp het om die digitale kloof te oorbrug en groter digitale insluiting binne die Atlantis-gemeenskap te bevorder.

Die vroue wat deelgeneem het, het nie net met vaardighede weggestap nie, maar het nou ook hernieude selfvertroue en ‘n gevoel van behoort in die digitale era.

By Asez skep ons ruimtes waar vroue werklik gesien, ondersteun en daagliks gevier word – nie net in Augustus nie. Hul groei is óns groei en dit dryf ‘n meer inklusiewe en voorspoedige Atlantis. Die vroue van Atlantis en omliggende gebiede herskryf hul toekoms – een opleiding, een onderneming en een werksessie op ‘n keer.

Saam styg ons.

Tot volgende keer,

Matt

You need to be Logged In to leave a comment.

  • WeskusNuus E-Edition – 28 April 2026
    WeskusNuus E-Edition – 28 April 2026

Gift this article