Thys Louw

Wanneer dit koud word, moet troe- teldiere ‘n bietjie meer eet, hoewel grootte, ras, ouderdom en aktiwiteitsvlak ‘n rol speel en so ook of die troeteldier buite slaap, of nie.

Gekookte bykosse soos ‘n hoender sonder been, wortels of rys kan ‘n goeie byvoeging vir honde wees. Moet net nie uie, sout of speserye byvoeg nie.

Sit kos voor wat nie yskoud is nie- selfs net ‘n bietjie warm water oor droë brokkies help.

‘n Dier se lewenslyn in die winter is skoon water.

Water help om kos te verteer, temperatuur te beheer en gifstowwe uit te skei. Keer dat jou troeteldier se water vries. Sit die water in ‘n bakkie wat nie van metaal gemaak is nie, of plaas dit op ‘n plek wat effens teen koue en wind beskut is. Groot honde drink baie – gebruik ‘n stewige houer.

Dis ‘n werklikheid dat baie gesinne nie die duurste troeteldierkos kan koop nie, maar daar is steeds slim en verantwoordelike maniere om te sorg dat jou dier nie ly nie:

• Voeg bekostigbare, veilige bykosse soos gekookte stampmielies, pampoen, wortels of pap by gewone kos – dit gee volume én voeding.

• Maak droë brokkies meer geurvol en verteerbaar deur ‘n bietjie warm water of ongegeurde hoenderaftreksel oor te gooi (sonder enige sout, speserye of uie).

• Koop groter sakkies kos in gemeenskapsgroepe of saam met ander – dis gewoonlik goedkoper per kilogram.

• Vra plaaslike dierewelsynsorganisasies of hulle met kos kan help as jy regtig sukkel.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • WeskusNuus E-Edition – 28 April 2026
    WeskusNuus E-Edition – 28 April 2026

Gift this article