Radio Atlantis vier drie dekades

Van links is Oom Diffie, wat immers gewild is met sy spreekwoord “Oom Diffie raakie mifie”, Rachel Watson, een van die voormalige bestuurders, Eva Gorgia en Vheema Havinga.

Murphy Roberts

Radio Atlantis het sy 30ste verjaarsdag op 1 September gevier en verskeie gaste, voormalige bestuurslede en stasiebe- stuurders het by die stasie besoek afgelê.

Volgens Nikki Pretorius, wat die stasie tans bestuur, word verskeie geleenthede beplan, met die laaste in Februarie 2026.

“Ons uitsaaiseine is ten spyte van al die uitdagings en kritiek nog sterk,” het Pretorius gesê.

Radio Atlantis is een van die eerste gemeenskapsradiostasies wat sy uitsaailisensie effens langer as 30 jaar gelede gekry het en streef steeds daarna om by sy lisensie-voorwaardes te hou, het sy gesê.

Die stasie, wat 24 uur per dag uitsaai, bied ook ‘n groot verskeidenheid programme en probeer in almal se behoeftes voorsien.

Pastor Hester Moses is reeds 20 jaar op die lug met haar geestelike program.
Cynthia Edwards doen reeds vir jare haar ding op Radio Atlantis.
Allister Lightburn, voormalige voorsitter van die Radio Atlantis-bestuur, en Janine Passenz het ook tydens die stasie se 30ste verjaarsdagsvieringe gesig gaan wys.
Carl Pophiam burgemeester komiteelid vir menslike nedersetting, Allister Lightburn met Vheema Havinga.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • WeskusNuus E-Edition – 28 April 2026
    WeskusNuus E-Edition – 28 April 2026

Gift this article