Die Stad Kaapstad waarsku inwoners om nie deur bedrieërs op WhatsApp en ander sosialemediaplatforms mislei te word nie.

Daar is mense wat boodskappe stuur en belowe dat inwoners teen betaling ‘n huis of plek op die behuisingslys kan kry.

Dit is vals.

Die raadslid Carl Pophaim, die burgemeesterskomiteelid vir Menslike Nedersettings, sê die Stad vra nooit geld vir ‘n behuisingsgeleentheid, ‘n nuwe huis of om op die behuisingslys geregistreer te word nie.

“Geen amptelike behuisingsproses vereis dat inwoners betaal nie,” sê Pophaim.

Hy waarsku inwoners om nie persoonlike inligting, soos hul besonderhede of dokumente, met onbekende mense op sosiale media te deel nie. Mense moet ook versigtig wees vir enigiemand of selfs ‘n organisasie wat belowe hulle kan ‘n huis vinniger kry as hulle geld betaal.

Registrasie op die Stad se Behuisings­behoefteregister is gratis. Alle behuisings­dienste en die toekenning van huise is ook gratis.

As inwoners onseker is oor ‘n boodskap of oproep, moet hulle eers die Stad se inbelsentrum vir Menslike nedersetting by 021 444 0333 skakel.

Bedrog kan by die Stad se Bedrogblits­lyn 0800 32 31 30 of per e-pos by fraud.hotline@capetown.gov.za aangemeld word.

Die Stad herinner inwoners daaraan dat alle amptelike inligting oor behuising slegs deur die Stad se eie kanale versprei word.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

  • WeskusNuus E-Edition – 28 July 2026
    WeskusNuus E-Edition – 28 July 2026

Gift this article