Gerswin Andrews bus bestuurder by Emmanuel, Minister Jaco Londt, Gail David’s, direkteur van die Western Cape Forum Intellectual Disabilities, Joyce Anderson en Brian Alexander, ondervoorsitter van die Emmanuel-bestuur.

David Rossouw

Die Emmanuel-dagsorgsentrum het onlangs ‘n splinternuwe bussie ontvang – ‘n welkome skenking van die Departement van Onderwys, wat ‘n groot verskil in die daaglikse vervoer van kinders na en van die sentrum gaan maak.

Joyce Anderson, die sentrum se bestuurder, het haar opregte dank uitgespreek: “Ons is ongelooflik dankbaar vir hierdie skenking. Dit verlig nie net ons logistieke uitdagings nie, maar verseker ook dat ons kinders veilig en betyds vervoer kan word.”

Die sentrum se vorige bussie is al ouer as 15 jaar en het gereeld gebreek. In sulke gevalle moes die administratiewe voertuig, wat nie vir daaglikse vervoer bedoel is nie, ingespan word om kinders te vervoer – ‘n oplossing wat nie altyd volhoubaar of veilig was nie.

Die nuwe bussie bring dus nie net broodnodige verligting nie, maar ook gemoedsrus vir die personeel en ouers.

“Die skenking is ‘n bewys van wat moontlik is wanneer gemeenskapsbehoeftes raakgesien en ondersteun word. Die sentrum sien uit daarna om voort te bou op hierdie positiewe ontwikkeling en steeds ‘n veilige, sorgsame omgewing vir elke kind te bied,” het Anderson gesê.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • WeskusNuus E-Edition – 28 April 2026
    WeskusNuus E-Edition – 28 April 2026

Gift this article