Desiree Coetzee (middel), die ma van die vermoorde 14-jarige Dayna-Lee Coetzee, by die wegspring. Foto’s: Murphy Roberts

Pretloop vereer geweld-slagoffer

Desiree Coetzee (middel), die ma van die vermoorde 14-jarige Dayna-Lee Coetzee, by die wegspring. Foto’s: Murphy Roberts

Murphy Roberts

Atlantis Sekondêr het Saterdag 28 Maart ‘n 5-km-pretloop gehou ter nagedagtenis aan die 14-jarige ­Dayna-­Lee Coetzee, ‘n graad 8-leerder aan die skool. Coetzee was ‘n slagoffer van taxigeweld toe sy op Woensdag 25 Maart voor die skool se hek dood­geskiet is.

Die koeëls was na bewering bedoel vir Eugene Titus (42), algemeen bekend as “Spoed”. Hy het voor die skool op sy passasiers gesit en wag toe onbe- kende mans, wat vermoedelik reeds ‘n geruime tyd voor die skool rondgedrentel het, op hom losgebrand het.

Volgens kapt. Lisa Munro, ‘n polisiewoordvoerder, is Titus verskeie kere geskiet, terwyl Coetzee, wat onder die koeëls probeer wegkom het, verskeie kere in die bors getref is.

Sy het voor ander leerders op die skoolterrein inmekaargesak en gesterf. Volgens ‘n betroubare bron het Titus onlangs ‘n soortgelyke aanval oorleef, waarna hy glo al verskeie kere weer met die dood gedreig is.

Volgens die skoolhoof, Melanie Adonis, is die pretloop die ideale geleentheid om veiligheid by skole te bevorder.

Dit kon ook broodnodige geld insamel om ‘n veiliger omgewing vir leerders te skep, het sy gesê. Die herstel van ‘n gees van eenheid en die welstand van baie – nie net leerders nie, maar die gemeenskap in geheel – ná die trauma wat baie moes deurmaak, is belangrik, het sy bygevoeg. Die dag is behalwe Coet­zee se gesin, bygewoon deur verskeie politieke partye, gemeenskapsorganisasies en leiers, wat almal saam gestap het.

Van links is Charlton Mopp, Carmen Benson, Shamsuneesa Benn, Desiree Coetzee en Madelaine Goodall, wat almal ondersteuning aan die familie betuig het. Foto: Murphy Roberts
Van links is Carmen Benson, Shamsuneesa Benn, Desiree Coetzee en die raadslid Anastactia Davids, wat steunpilare vir die familie is.
Van links is Simone Arendse, Claudine Arendse, Desiree Coetzee, Audi Arendse en Janel Cupido, wat ook hul ondersteuning aan die familie gewys het.
Die plaaslike sokkerbeheerliggaam het ook hul ondersteuning kom wys. Van links is Ashley de Vos, Keanen de Koker, Claude Brown, Jerome Titus,Terrence Crow, Lonn van Graan en Nelson Dubazania.
Die plaaslike gemeenskapspolisieforumlede is (van links) Cameron Ludick, Fabian Williams, die skoolhoof Melanie Adonis, Faghrodien Johnson (polisie-oorsig en gemeenskapsveiligheid) en Glodene Smith.
Die organiseerders wat verseker het die dag loop seepglad. Foto: Murphy Roberts
Die jongspan het verseker dat die bekende Atlantis skeurdans almal vermaak. Foto: Murphy Roberts
NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

  • WeskusNuus E-Edition – 12 May 2026
    WeskusNuus E-Edition – 12 May 2026

Gift this article