“Hy is nou met sy pa herenig…”

Die 18-jarige Donay Daniels is verlede Sondag (15 Maart) in die vroeë oggendure dood nadat hy vermoedelik verskeie kere met ‘n mes gesteek is.

Volgens kapt. Lisa Munro, ‘n polisiewoordvoerder, is twee verdagtes aangekeer.

Dayna Lee Coetzee (14) het op die skool- perseel inmekaargesak en gesterf nadat sy verskeie kere getref is.

Munro sê Daniels het glo met verskeie bendelede in ‘n stryery betrokke geraak, waarna hy verskeie kere gesteek is. Hy is later in die hospitaal dood verklaar. Daniels is die seun van Eugene Titus (42), beter bekend as “Spoed”, wat op Woensdag 25 Februarie voor die Atlantis Sekondêre Skool doodgeskiet is.

Dwaalkoeëls het Dayna-Lee Coetzee (14) in dieselfde voorval noodlottig gewond terwyl twee ander skoolmeisies in die voorval gewond is.

Titus het op dié dag voor die skoolhekke vir sy passasiers gewag toe onbekende mans, wat glo geruime tyd in die omgewing rondgedrentel het, op hom losgetrek het. Hy is verskeie kere geskiet, terwyl die leerder wat probeer wegkom het, ook verskeie kere in die bors getref is en voor ander leerders op die skoolterrein inmekaargesak het.

Sy is op die toneel oorlede.

Volgens ‘n betroubare bron het Titus vroeër ‘n aanval op sy lewe oorleef en hy is verskeie kere gedreig.

• Twee dubbelmoorde het dié voorval voorafgegaan. Taxi-geweld in Atlantis het reeds die lewe van vier mense geëis.

Twee mense, onder wie ‘n taxi-eienaar en ‘n taxibestuurder, is die vorige dag (Dinsdag 24 Februarie) doodgeskiet. Volgens kapt. Munro het die voorval vroeg die aand by die taxi-staanplek in Witsand plaasgevind.

Munro sê een op die toneel dood, terwyl die ander kort daarna in die hospitaal beswyk het.

Die tweede voorval, wat volgens bronne ‘n wraakaanval was, het die Atlantis-gemeenskap geruk toe skieters voor ‘n skool op die eienaar losgebrand het.

Die polisie het bevestig die voorval is nie bendeverwant nie en word deur die polisie se taxi-geweld-eenheid ondersoek.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • WeskusNuus E-Edition – 28 April 2026
    WeskusNuus E-Edition – 28 April 2026

Gift this article