Murphy Roberts

Mamre het Saterdag op sy tuisveld ‘n oorwinning op ‘n goue skinkbord aan die besoekers van Wittewater oorhandig. Die Groentruie van Kenny Stadler, wat teen rustyd 10-15 agter was, kon egter – ten spyte van dosyne kanse – nie die wa deur die drif trek nie. Die besoekers, wat die tuisspan met karakter en veggees onder druk geplaas het, het die wedstryd 25-27 gewen.

Mamre, wat verskeie kanse geskep het, kon egter nie afrond nie en het talle geleenthede om die wedstryd te verseël, verlore laat gaan. Die nederlaag plaas die Groentruie onder geweldige druk, aangesien die span nou die sewende plek op die punteleer beklee.

Hamlets het ook in hul eerste WP B-afdelingwedstryd op Mamre 31-34 teen All Saints verloor. Young Hearts, met die uitgeslape Ruben Abels aan die stuur, het Velddrif in ‘n wegwedstryd maklik 29-47 geklop. Die bonuspunt-oorwinning plaas die troepe van die Grafkelder derde op die punteleer.

Atlantis het ook in sy eerste WP C-afdelingwegwedstryd gewen en Caledonian Roses met 18-36 geklop.

Volledige uitslae in die Boland-

Groot­uitdaag-reeks:

Swartland: Wesbank 39-10 Good Hopes; Abbotsdale 31-13 Never Despair; Mamre 25-27 Villagers Wittewater; Saron 31-31 Porterville; Moorreesburg 40-25 Koringberg; Riebeeck United 5-55 Darling.

Weskus: Saldanha 31-29 Hopefield; Vredenburg 41-19 Langebaan; St. Helena 17-19 Paternoster; Velddrif 29-47 Young Hearts; Piketberg 65-8 Steenberg Cove; Goedverwacht 27-32 Saldanha Tigers.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • WeskusNuus E-Edition – 28 April 2026
    WeskusNuus E-Edition – 28 April 2026

Gift this article