Murphy Roberts
Mamre se vrouerugbyspan het die afgelope Saterdag 11 Oktober hul top-8-uitsp[ele met ‘n drieëfees afgeskop.
Die groentruie van Kenny Stadler het in ‘n wegwedstryd vir Hexvallei 123-5 afgeransel nadat hulle rustyd reeds 71-0 voor was.
Volgens die afrigter Kenny Stadler van die groentruie se vrouespan fokus die span nou eers op die volgende wedstryd en is die uitspele vir eers die laaste ding waaraan hulle nou dink.
“Die span wat Walker Bay, die verde- digende Boland-vrouekampioen, Saterdag tuis pak, sal eers die klipharde neut moet kraak voordat ons aan die uitspele kan dink,” verduidelik hy.
Mamre is in die A-groep met Hexvallei, Walker Bay en Warriors Women in een groep ingedeel is, waar elkeen drie wedstryde speel, waarna die twee beste spanne in die twee groepe vir die half-
eindstryd op Bolandpark kwalifiseer, verduidelik Stadler.
Die Boland-Top-12 het die naweek gemengde uitslae opgelewer. Saldanha, die Weskus-streekkampioen en voormalige
Boland-kampioen, het op sy tuisveld teen Hilcrest United gespeel en 54-36 gewen.
Vredenburg was egter ongelukkig om
32-33 teen Roses in ‘n wegwedstryd vas te val. Wesbank het op sy tuisveld Vanrhynsdorp met 28-15 geklop terwyl Abbotsdale op sy tuisveld 22 elk teen Delicious gespeel het. Vredenburg onthaal Saterdag (18 Oktober) Wesbank terwyl Saldanha vir hul tweede wedstryd na Abbotsdale reis.




