Peter Stoffberg en Fiona Abrahams nadat sy besluit het om saam met die “Genees Atlantis”-span te werk.

Murphy Roberts

“Die dae dat inwoners almal by baie staatsdepartemente soos tikkoppe behandel word, moet nou stop, en dit is waarvoor ek my nou wil beywer,” het Fiona Abrahams laat hoor.

Dié voormalige vuurvreter proporsionele raadslid het Vrydag bekendgemaak dat sy nou kragte gaan saamsnoer met Peter Stoffberg se Genees Atlantis. “Peter het my beïndruk met sy werk en veral #piemphulle,” sê sy. Volgens Abrahams is sy self ‘n slagoffer van uiters swak diens by die departement van maatskaplike diens in Atlantis. “Ek het in my tydperk in die raad nooit enige voorkeurbehandeling verwag nie en dit is hoe ek dit verkies,” verduidelik sy.

“Wat egter baie frustrerend is, is die feit as hulle my so behandel, wat van die gewone mens op straat?” wou sy weet.

“Dit het my besluit baie maklik gemaak dat dit moet stop en amptenare moet tot orde geroep word.”

Volgens Abrahams sukkel sy nou reeds etlike maande met plaaslike maatskaplike werkers met haar uitdagings met ‘n seun in haar sorg. Sy sê sy kry geen kommunikasie van die kantoor af nie, “en as ek nie self navrae doen hoor ek niks”, sê sy.

“Dit is ‘n beroep wat hulle gekies het en hulle moet dit met die nodige passie in die gemeen-

skap uitleef, maar ek het nou

‘genoeg gehad’ van dié hou-

ding,” verduidelik Abrahams.

Volgens Abrahams wil sy ‘n oorsigrol oor staatsdepartemente vervul en vra inwoners wat probleme ondervind en met maatskaplike werkers sukkel, moet haar kontak.

Volgens Peter Stoffberg is Abrahams se betrokkenheid ‘n stap in die regte rigting “om

Atlantis te genees en dit maak die proses soveel makliker”.

• Inwoners met klagtes kan Abrahams by 083 491 1977 bel.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • WeskusNuus E-Edition – 28 April 2026
    WeskusNuus E-Edition – 28 April 2026

Gift this article