Kombers-insameling kort nog 200

Verskillende geestelike groepe het onlangs komberse as “toegangsgeld” vir ‘n lofprysing-en-aanbiddings- musiekaand, wat in Mei gehou is, ingesamel.

Die Tabernacle of Love-kerk het in vennootskap met Radio Atlantis 107.9 FM altesaam 289 komberse vir mense in nood ingesamel.

Volgens Nicky Pretorius, die stasiebestuurder van Radio Atlantis, is die komberse ingesamel as “toegangsgeld” vir ‘n lofprysing-en-aanbiddings- musiekaand wat in Mei gehou is.

Lorenzo Maya van die Tabernacle of Love-kerk het gesê ander kerke soos Siloam, die New Generation Kingdom Church, die Grace of Gods Ministries, Tasmia en Siloam-dansers ‘n groot rol in die sukses van die projek gespeel.

Volgens Pretorius mik Radio Atlantis steeds daarna om komberse in te samel totdat hulle 500 of meer bereik het.

Hulle het nou al byna 300 ontvang.

Maya is verheug dat die projek so ‘n reusesukses was danksy die bemarking van die veldtog op Radio Atlantis.

Volgens Lorenzo hoop hulle om dit ‘n jaarlikse instelling te maak en wil volgende jaar ‘n winterveldtog doen.

Hy vertel dat die winterprojek nie net op komberse gaan fokus nie, maar ook op warm klere en kos.

Dié kerk het die komberse aan Radio Atlantis geskenk, wat toe begin het om die komberse aan sopkombuise,

skuilings, ‘n klub vir seniors, ‘n dagsorgsentrum en crèches te versprei.

Van die begunstigdes was die Atlantis Apteek-sopkombuis, United Sanctuary Against Abuse en die Atlantis Seniors Club (ACCA).

Hoewel ‘n aantal pragtige winkel

gekoopte komberse onder die skenkings is, is die meeste komberse en knie-

komberse kleurvolle gehekelde items, gemaak met sorg, liefde en vaardigheid.

Die stasie het sy dank teenoor veral pastoor Isak Maya en sy vrou, Vivienne Maya, uitgespreek vir hul vennootskap met Radio Atlantis – ‘n radiostasie uit die gemeenskap, vir die gemeenskap.

Die Tabernacle of Love-kerk se geestelike groep het ook hul deel tydens die musiekaand gedoen.
Inwoners van die Atlantis Seniors Club (ACCA) is trots op hul nuwe komberse wat Donderdag aan die groep oorhandig is. Foto: Murphy Roberts
Nikki Pretorius en Thaheir Ali eienaar van Atlantis Pharmacy met die komberse wat aan Ali-se-sopkombuis oorhandig is. (Verskaf)

You need to be Logged In to leave a comment.

  • WeskusNuus E-Edition – 28 April 2026
    WeskusNuus E-Edition – 28 April 2026

Gift this article