Vee wei in 'n gebied wat deur rou riool besoedel is – 'n toneel wat die omvang van die rioolkrisis tussen Rammulotsi en Viljoenskroon uitbeeld.Foto:Verskaf
Vee wei in ‘n gebied wat deur rou riool besoedel is – ‘n toneel wat die omvang van die rioolkrisis tussen Rammulotsi en Viljoenskroon uitbeeld. FOTO: Verskaf

Riool vloei steeds tussen Rammulotsi en Viljoenskroon

Vee wei in 'n gebied wat deur rou riool besoedel is – 'n toneel wat die omvang van die rioolkrisis tussen Rammulotsi en Viljoenskroon uitbeeld.Foto:Verskaf
Vee wei in ‘n gebied wat deur rou riool besoedel is – ‘n toneel wat die omvang van die rioolkrisis tussen Rammulotsi en Viljoenskroon uitbeeld. FOTO: Verskaf

Rou riool vloei tussen Rammulotsi en Viljoenskroon in ‘n oop veld. Inwoners moet daagliks deur die besmette water beweeg, terwyl vee uit die rioolbesmette water drink.

AfriForum het die uitvoerende burgemeester Ramasimong Tau van die Moqhaka plaaslike munisipaliteit versoek om dringend op die rioolstorting te reageer. Die burgerregteorganisasie het gesê die saak sal na die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie verwys word indien die probleem nie opgelos word nie.

AfriForum het die munisipaliteit in 2022 by die Menseregtekommissie oor rioolprobleme in Viljoenskroon aangemeld.

Volgens Alta Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Mooirivier, word inwoners, jong kinders, bejaardes en vee aan gesondheidsrisiko’s blootgestel. Sy het gesê die riool skend inwoners se reg op ‘n veilige, gesonde en waardige leefomgewing.

“Dieselfde probleem is reeds jare gelede by die MRK aangemeld en is destyds na volgehoue druk opgelos. Dat inwoners nou weer aan dieselfde omstandighede blootgestel word, dui op tekortkominge in die munisipaliteit se vermoë om behoorlike instandhouding te doen,” het Pretorius gesê.

Sy het gesê elke persoon ingevolge artikel 24 van die Grondwet die reg het op ‘n omgewing wat nie hul gesondheid of welsyn benadeel nie. Plaaslike owerhede het ‘n grondwetlike plig om basiese munisipale dienste doeltreffend, volhoubaar en verantwoordbaar te lewer.

AfriForum het geëis dat die munisipaliteit uiteensit watter stappe geneem word om die rioolprobleem op te los en watter maatreëls ingestel sal word om die gesondheids- en omgewingsrisiko’s te beperk.

“Gemeenskappe kan nie gedwing word om daagliks tussen rou riool te leef nie. AfriForum sal namens inwoners bly optree totdat die probleem opgelos is. Indien die munisipaliteit nie optree nie, sal ons die MRK weer nader, met die betrokke owerhede skakel of moontlike regsaksie oorweeg,” het Pretorius gesê.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article