Twee hokkiespelers en ‘n afrigter van die Hoërskool Voortrekker in Bethlehem het die gulde geleentheid gekry om hul passie vir hokkie op ‘n internasionale verhoog uit te leef.
Afrigter Sandile Dlamini en spelers Luke Bezuidenhout en SW Bertram neem aan ‘n hokkietoer in België en Nederland deel.
Dlamini, Bezuidenhout en Bertram het via Doebai na Europa gereis, waar hulle waardevolle internasionale blootstelling sal kry en hul kennis en ervaring van die sport verder sal uitbrei.
Die toer bied aan die spelers die geleentheid om hulself teen internasionale kompetisie te meet, nuwe uitdagings aan te pak en hul hokkievaardighede verder te ontwikkel.
LEES OOK: Fietsryers skitter in MTB-skolereeks






