Salomé Fourie (16)
Salomé Fourie (16)

Bethlehem-leerder beplan om entrepreneursreis voort te sit


Salomé Fourie (16), ‘n gr. 10-leerder aan die Hoërskool Voortrekker in Bethlehem, het onder die top 30 jong entrepreneurs in Suid-Afrika geplaas in die Maak My ‘n Miljoenêr-kompetisie. Sy het nie na die volgende ronde deurgedring nie.

Volgens Fourie was sy twee keer in die verloorspan en het nie genoeg punte opgebou om haar plek in die volgende ronde te verseker nie.

“Wanneer jy soveel tyd, liefde, moeite en opoffering in iets belê, hoop jy natuurlik om verder te gaan. Dit maak seer wanneer dit nie gebeur nie, maar verloor beteken nie jy het misluk nie,” het sy gesê.

Fourie het gesê die kompetisie het haar lesse oor bemarking, beplanning, deursettingsvermoë en selfvertroue geleer.

Entrepreneur Albert van Wyk stuur die kompetisie aan.

Fourie het gesê sy beplan om haar besigheid oor die volgende twee jaar uit te bou, haar handelsmerk te vestig, haar produkreeks uit te brei en nuwe vaardighede aan te leer.

Sy het gesê sy sal volgende jaar weer aan Maak My ‘n Miljoenêr deelneem.

Fourie verkoop handgemaakte kerse en beplan om handgemaakte sepies tot haar onderneming by te voeg.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article