Die Hoërskool Voortrekker in Bethlehem se bergfietsryers het ‘n sterk spanvertoning gelewer deur die tweede ronde van die MTB-skolereeks in die algehele derde plek af te sluit.
Verskeie van die fietsryers het boonop hul deursettingsvermoë bewys deur eers hul verpligtinge op die rugby- en hokkieveld na te kom voordat hulle aan dié wedrenne deelgeneem het.
Die tweede ronde van die reeks is op 25 Julie op die Maluti-baan in Bethlehem beslis. In die afdeling vir subjuniors was Marthinus de Wet tweede.
Die afdeling vir jeug het goeie uitslae opgelewer, met Adriano Cruywagen wat 7de was; Deon van Zyl 8ste; Janco Fourie 9de; Victor Nel 17de en Hanno van den Heever 21ste.
Chelsea-Lee Williamson het in die afdeling vir juniors met ‘n tweede plek uitgeblink, terwyl Alicia Herbert derde was. Voortrekker se gemengde aflosspan het die dag met ‘n tweede plek afgesluit en sodoende tot die span se derde plek algeheel bygedra.
NovaNews WhatsApp Channel is LIVE!
Get the stories that matter, straight to your phone. Click here to join NovaNews on WhatsApp or scan the QR code for instant access.

Share this article:
MEER ARTIKELS
Los ’n opmerking
You need to be Logged In to leave a comment.



