Die bemarkingshoof van die Hoërskool Witteberg in Bethlehem, Gustav Dreyer, neem ná jare se diens van die skoolgemeenskap afskeid.

Dreyer se naam wat vir die afgelope 12 jare sinoniem met Witteberg was, het oor tyd diep spore by die skool gelaat. Oor die afgelope paar jaar het hy die skool se bemarking en sosiale media-teenwoordigheid tot nuwe hoogtes gevoer en sodoende ’n positiewe beeld van die instelling gevestig.

Sy passie en entoesiasme het deurentyd sy lojaliteit teenoor Witteberg weerspieël en het sowel kollegas as leerders geïnspireer. Die skoolgemeenskap sê hulle sal hom as kollega en vriend opreg mis, maar gun hom die wonderlike geleentheid wat oor sy pad gekom het.

Dreyer het intussen die pos as bemarkingsbestuurder by Dihlabeng Mall in Bethlehem aanvaar, waar hy ’n nuwe en opwindende hoofstuk van sy loopbaan gaan begin.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article