Wêreldboekedag is by die Hoërskool Witteberg in Bethlehem met entoesiasme gevier, waar die ATKV Jeugtak ’n sterk leesinisiatief van stapele gestuur het om die liefde vir boeke onder leerders te bevorder. Van links Inneke Fourie, Johanné Janse van Rensburg en Helene-Mari Spies die mini-biblioteek. Foto:Verskaf
Wêreldboekedag is by die Hoërskool Witteberg gevier. Van links Inneke Fourie, Johanné Janse van Rensburg en Helene-Mari Spies die mini-biblioteek. Foto: VERSKAF

Skool vier Wêreldboekedag met mini-biblioteek

Met Wêreldboekedag wat onlangs gevier is, is ’n nuwe projek by die Hoërskool Witteberg in Bethlehem begin.

Die Witteberg ATKV-jeugtak het ’n mini-biblioteek op die been gebring wat daarop gemik is om die liefde vir lees onder leerders te bevorder en om aan boeke ’n tweede lewe te gee.

Die konsep is eenvoudig en doeltreffend, aangesien leerders ’n boek kan kies om te lees en daarna aangemoedig word om weer ’n ander boek in die plek daarvan terug te plaas.

Hierdie ruilstelsel skep nie net beter toegang tot leesmateriaal nie, maar verseker ook dat boeke deur verskeie lesers benut word en sodoende ’n groter impak maak.

Wêreldboekedag is op 23 April oor die wêreld heen gevier om die belangrikheid van lees, geletterdheid en toegang tot boeke te beklemtoon, aangesien dit mense aanmoedig om kennis op te doen en hul verbeelding te ontwikkel.

Wêreldboekedag is by die Hoërskool Witteberg in Bethlehem met entoesiasme gevier, waar die ATKV Jeugtak ’n sterk leesinisiatief van stapele gestuur het om die liefde vir boeke onder leerders te bevorder. Van links Inneke Fourie, Johanné Janse van Rensburg en Helene-Mari Spies die mini-biblioteek. Foto:Verskaf
Wêreldboekedag is by die Hoërskool Witteberg gevier. Van links is Inneke Fourie, Johanné Janse van Rensburg en Helene-Mari Spies by die mini-biblioteek. Foto: VERSKAF

Die dag herinner gemeenskappe ook daaraan dat boeke ’n sleutelrol in onderwys en persoonlike groei speel en daarom aktief bevorder moet word.

By die Hoërskool Witteberg is hierdie boodskap prakties toegepas deur die mini-biblioteek wat leerders inspireer om meer gereeld te lees.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article