Nuwe verwikkelinge het aan die lig gekom rakende die beplande Bosman-ontwikkeling in die Paarl, nadat ‘n verteenwoordiger van die projek in die munisipale hof verskyn het weens onreëlmatighede.
‘n Mega-infrastruktuurprojek van R1,4 miljard is tans volspoed in die Drakenstein-vallei aan die gang, waar die munisipaliteit die grootste opgradering van sy riool- en afvalwaterstelsel nóg doen.
Ná die bedanking van die bestuur en opskorting van die huurkontrak, wag die plaaslike kunsgemeenskap om te sien hoe dié historiese kultuurruimte ontwikkel word.
‘n Jong seun se lewe is kortgeknip nadat hy verdrink het toe hy soos talle ander Saterdag lafenis teen die gietende hitte gaan soek het.
Die Swartland-munisipaliteit het sy kommer uitgespreek nadat ‘n bevestigde geval van bek- en klouseer bekendgemaak is in die naburige Drakenstein-munisipaliteit.
‘n Regsgeding speel hom tans in die Paarl-landdroshof af te midde van ‘n aantal huisgesinne wat weier om van die Fraaigelegen-plaas te trek.
Inwoners van die Paarl en Wellington het onaangename reuke en rook ervaar van ‘n brand by die Wellington-afvalwaterbehandelingsaanleg, wat nou geblus is.
Die Drakenstein-munisipaliteit sal , R19,3 miljoen bespaar as hy voortgaan met sy planne om 56 poste, wat wat as finansieel onvolhoubaar bestempel is, te sny.
Die Drakenstein-munisipaliteit vra inwoners om wate spaarsamig te gebruik aangesien damvlakke daal, met moontlike waterbeperkings indien die situasie voortduur.
“Daar is byvoorbeeld nie ‘n besproeingstelsel nie. Ons moet self die veld natmaak met pype wat ons by plaasboere in die omgewing gekry het.”
