The Western Cape Government is tackling FMD head on.
The Western Cape Government is tackling FMD head on.

MALMESBURY – Die Swartland-munisipaliteit het sy kommer uitgespreek nadat ‘n bevestigde geval van bek- en klouseer (BKS) bekendgemaak is in die naburige Drakenstein-munisipaliteit.

Rojeanne de Wet, ‘n woordvoerder vir Agri Wes-Kaap (AWK), het Vrydag (6 Februarie) in ‘n persverklaring gesê hul organsisasie te same met die Rooivleis Produsente Organisasie Wes-Kaap (RPOWK) is saam van die geval in Mbekweni ingelig.

“Die BKS Gesamentlike Operasionele Komitee (JOC) het (Vrydag)vanoggend vergader en die 48-uur reaksieplan is onmiddellik in werking gestel. Die primêre doel van hierdie plan is om streng bewegingsbeheer van die diere toe te pas,” het De Wet kort na die bekendmaking verduidelik.

Sy voeg verder by: “BKS bly ‘n staatsbeheerde siekte. Die staatsveearts neem die verantwoordelikheid vir die bekamping en beheer van die siekte met die ondersteuning van alle relevante rolspelers. Alle relevante rolspelers is reeds ingelig en daar is goeie samewerking om die situasie verantwoordelik te bestuur.”

Die Swartland-munisipaliteit het Saterdag (7 Februarie) in ‘n verklaring op hul Facebook-blad gesê hulle doen alles in hul vermoë om te keer dat BKS tot dié munisipale gebied versprei.

“Staatsveeartsenykundige dienste, die Wes-Kaapse departement van landbou en ander belanghebbendes om biosekuriteitsmaatreëls af te dwing. Om die verspreiding van bek-en-klouseer te voorkom, moet die vervoer van beeste beperk of waar moontlik vermy word. Swartland-munisipaliteit se verkeer- en wetstoepassing is opdrag gegee om die provinsiale verkeersdienste, waar moontlik, by te staan ​​met die polisiëring van die vervoer en beweging van beeste,” lui die verklaring.

Swartland sê verder dat hulle hul volle samewerking verleen aan beide die provinsiale en nasionale departement van landbou, asook die Wes-Kaapse rampbestuur om verdere verspreiding van BKS te verhoed.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article