VREDENBURG – Die Hoërskool Weston het rede om fees te vier nadat sy Graad 10- en 11-leerders wat suiwer Wiskunde neem, ’n tweede plek in die 2026-Suid-Afrikaanse Instituut van Geoktrooieerde Rekenmeesters (SAICA) se Besigheidspele behaal het.
Die kompetisie is by die Universiteit van die Wes-Kaap in Belville aangebied.
Die kompetisie het op Saterdag 19 September plaasgevind en skole en wiskundeliefhebbende leerders byeengebring vir ’n dag vol akademiese uitdagings en besigheidsgerigte aktiwiteite.
Die SAICA Besigheidspele is daarop gemik om leerders aan te moedig om hul wiskundige, probleemoplossings- en besigheidsvaardighede te ontwikkel, terwyl hulle ook die geleentheid kry om hul kennis teen dié van ander skole te toets.
Die skool se tweede plek is ’n besondere prestasie vir die skool en beklemtoon die leerders se toewyding aan Wiskunde, asook hul vermoë om hul kennis en vaardighede in ’n kompeterende omgewing toe te pas.






