Centurion – Hoërskool Eldoraigne vier met trots die uitmuntende prestasie van sy graad 12-redenarspan. Hierdie Eldo-redenaars het op 19 September by die Interskole Nasionale Finaal aan die Universiteit van die Witwatersrand goud verower.
Hierdie span, wat reeds sedert gr 8 saam redeneer in beide Afrikaans en Engels, het oor vyf jaar verskeie nasionale titels ingepalm. Hul finale deelname het hul loopbaan afgesluit op ’n hoogtepunt en ’n merkwaardige nalatenskap vir Eldoraigne gelaat.
Die spanlede is: Talia Reyneke, Else-Mari Meades, Karli Liebenberg en Daniël Kruger. Die skool en gemeenskap dra hul hartlike gelukwense oor aan hierdie vier leerders wat met toewyding en talent die Eldo-naam landwyd laat skitter het.
Verder het Cornell Engelbrecht (gr. 10) ’n indrukwekkende tweede plek behaal in die afdeling English Prepared Orators, wat die skool se redenaarstradisie nog verder versterk.

“Ons harte is te klein om die trots te beskryf,” sê die skoolbestuur. “Eldo-redenaars het weer bewys dat harde werk, samewerking en passie tot goud lei.”
Foto’s verskaf







You must be logged in to post a comment.