Hoërskool Fichardtpark, Bloemfontein, het vanjaar vir die vierde keer die gewilde Fichie Bash 2026 -interne kriekettoernooi aangebied. Vir die tweede agtereenvolgende jaar het meisiespanne ook trots deelgeneem, wat die toernooi se inklusiewe karakter verder versterk.
In totaal het vyf seunspanne en drie meisiespanne mekaar die stryd aangesê by die Fichie Bash 2026. Die Middle Stump Mafia, onder leiding van kaptein Jaden Geldenhuys, het die Chipping Sodbury-trofee verower – ’n prestasie wat hul naam in die geskiedenis van die toernooi vestig.
Die trofee dra ’n unieke storie: tydens die Junievakansie het twee Kovsie Smash-spanne Engeland besoek en op die laaste dag van hul toer die trofee by die Chipping Sodbury-krieketklub buite Bristol gewen. Om hierdie geskiedenis voort te laat leef, is die trofee aan die Fichie Bash geskenk en sal dit voortaan die simbool van oorwinning in die seunstoernooi wees.
Spanne en Kapteine
Seunspanne:
- Duck Dodgers – Diederik de Vos
- High Rollers – Neven Olivier
- Spartans – Heinrich Kemp
- Smurfs CC – Henco Thompson
- Middle Stump Mafia – Jaden Geldenhuys
Meisiespanne:
- Strikers – Jessica Benbrook
- Paris Pulse – Chere van Vuuren
- Snapdragons – Karli van der Sandt
Foto verskaf






