Nuwe hoofleiers 2026/2027. Hoërskool Jan van Riebeeck het met groot trots hul hoofleiers vir die 2026/2027-skooljaar bekendgestel. Hierdie jong leiers verteenwoordig die waardes van verantwoordelikheid, integriteit en samehorigheid wat die Jan van Riebeeck-gemeenskap hoog ag.
Die aanstelling van die hoofleiers is ’n belangrike mylpaal op die skoolkalender en bevestig die vertroue wat die leerderkorps in hul nuwe verteenwoordigers plaas.

Hoofleierspan
- Helene Greeff – Jan van Riebeeck en VRL-voorsitter
- Albert Griesel – Hoofseun
- Cara Swanepoel – Hoofdogter
- Owen Wiese – Onderhoofseun
- Stella Boje – Onderhoofdogter
Die skoolgemeenskap het die aankondiging met groot entoesiasme ontvang en die leiers met gelukwense oorlaai. “Ons bars van trots en sien uit na die opwindende leierskapreis wat voorlê,” het die skool in sy verklaring gesê.
’n Toekoms van verantwoordelikheid
Die nuwe hoofleiers word aangemoedig om die voorreg van hul posisie met toewyding en nederigheid te geniet. Hulle dra nou die verantwoordelikheid om die stem van die leerderkorps te wees en die tradisie van uitnemendheid by Jan van Riebeeck voort te sit.
hhttps://janvanriebeeck.co.za/
Foto voorsien







You must be logged in to post a comment.