Hoërskool Fichardtpark: Leerderraad 2027 Ingehuldig
Hoërskool Fichardtpark Leerderraad 2027

Hoërskool Fichardtpark: Leerderraad 2027 Ingehuldig


Op Maandag, 24 Augustus 2026, het Hoërskool Fichardtpark, Bloemfontein, met trots die Leerderraad van 2027 tydens ’n spoggeleentheid ingehuldig. Die nuwe hoofleiers en onderhoofleiers is aangekondig en het die verantwoordelikheid aanvaar om die skool se leuse van GLO, WERK en DIEN as kern van hul termyn te dra.

Hierdie aanstelling is nie net ’n eer nie, maar ook ’n roeping om met integriteit, toewyding en visie leiding te neem. Die skoolgemeenskap vertrou dat hierdie jong leiers ’n nalatenskap van diens en samewerking sal bou.

Hoofleiers 2027:

  • Anje Blom
  • Tristan Mortimer

Onderhoofleiers 2027:

  • Shakira Botha
  • Etienne de Beer

“Mag julle leierskap ’n lig wees wat ander inspireer, en mag julle die waardes van Hoërskool Fichardtpark met trots en toewyding uitleef.”

Hoërskool Fichardtpark se hoofleiers vir 2027 saam met die skoolhoof, Mnr Herman van der Merwe

https://fpark.co.za

Foto’s verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article