Mpumalanga Ope se Stoeikampioenskap het gesorg vir uitstekende sportaksie, waar plaaslike seuns hul staal op die stoeimat gewys het. Met ’n vertoning van indrukwekkende dissipline, deursettingsvermoë en goeie oordeelkundige tegniek, het die jong atlete met die louere weggestap.
Die o.10-afdeling is oorheers deur MC Krog en Tristan van der Westhuizen, wat albei hul onderskeie gewigsklasse oorheers het. Krog het ’n dubbele goud ingepalm deur sowerein eerste te eindig in beide die Vrystyl- en Grieks-Romeinse afdelings.
Van der Westhuizen het sy spanmaat se voorbeeld gevolg. Hy verower ook twee goue medaljes met ’n topposisie in Vrystyl sowel as Grieks-Romeins (bolyf).
In die o/8-seunsafdeling het Kian van der Walt uitstekend gevaar. Hy behaal ’n silwer-medalje (tweede plek) in die Grieks-Romeinse afdeling.

Die stoeiers se toegewyde oefening en dissipline het duidelik vrugte afgewerp. Met hul jong ouderdom en uitstaande prestasies by die Mpumalanga Ope Stoeikampioenskap, hou dit vir hierdie atlete ongetwyfeld ’n belowende toekoms in op die mat.
https://www.laerskoolwierdapark.co.za/
Foto’s verskaf







You must be logged in to post a comment.