Johnny Reitz Stoeikompetisie. Laerskool Wierdapark se jong stoeiers het die afgelope naweek hul krag en vaardigheid ten toon gestel. Hulle het deelgeneem aan die gesogte Johnny Reitz Big 5 Stoeikompetisie. Hierdie jaarlikse toernooi, een van die grootste in Afrika, het weer eens bewys dat die Wierdas met ywer en deursettingsvermoë hul merk maak.
Die volgende stoeiers behaal uitsonderlike prestasies:
- Kian van der Walt – Brons in Seuns O/8 Vrystyl
- Dirk van der Merwe – Goud in Seuns O/9 Vrystyl
- Mihann Le Roux – Brons in Seuns O/9 Vrystyl
- MC Krog – Brons in Seuns O/10 Vrystyl
- Tristan van der Westhuizen – Goud in O/10 Grieks-Romeins en silwer in Vrystyl

Die skoolgemeenskap het hul trots uitgespreek oor die leerders se merkwaardige prestasies. “Elke medalje is ’n bewys van harde werk, vasberadenheid en ware Wierie-gees,” het die afrigters benadruk.
https://laerskoolwierdapark.co.za/
Foto verskaf







You must be logged in to post a comment.