Matrikulant van die Jaar-2026-kompetisie. Hoërskool Fichardtpark spog met drie uitmuntende matrikulante wat as semi-finaliste in die Matrikulant van die Jaar-kompetisie van 2026 aangewys is.
Die drie leerders wat verkies is, is:
- Aidan Britz
- Kristen Engelbrecht
- Mari Truter



Hierdie drie matrikulante verteenwoordig nie net hul skool met eer nie. Hulle toon ook uitnemendheid oor ’n breë spektrum van terreine. Afgesien van hul sterk akademiese rekord, presteer hierdie trio ook op provinsiale sowel as nasionale vlak op die sportveld en in kultuuraktiwiteite.
Daarbenewens beklee al drie matrikulante belangrike leierskapposisies in hul finale skooljaar. Volgens die skool dien hierdie omvattende betrokkenheid en verantwoordelikheid as ’n stewige fondament om hulle voor te berei vir die uitdagings van tersiêre studies en die moderne werkomgewing.
Die skoolgemeenskap het hul trots en ondersteuning teenoor die drie kandidate uitgespreek terwyl hulle na die volgende ronde van die kompetisie voortgaan.
Foto’s voorsien




You must be logged in to post a comment.