Melani Slabbert JF se semi-finalis Matrikulant van die Jaar
Melani Slabbert, semi-finalis van Matrikulant van die Jaar

Melani Slabbert JF se semi-finalis Matrikulant van die Jaar


Bloemfontein – Hoërskool Jim Fouché vier ’n trotse oomblik met hul matrikulant, Melani Slabbert. Sy is gekies as een van die 11 semi-finaliste in die 45ste Matrikulant van die Jaar-kompetisie. Die kompetisie word aangebied deur die Universiteit van die Vrystaat en Novus Media.

Hierdie gesogte kompetisie, wat jaarliks die land se uitblinkers vereer, bied aan die finaliste groot geleenthede. Hulle het die geleentheid om aansienlike prysgeld en studiebeurse te wen – moontlik gemaak deur die kompetisie se borge.

Melani se prestasie plaas haar onder ’n elite groep jong leiers en akademiese sterre wat die toekoms van Suid-Afrika se hoër onderwys en beroepswêreld gaan vorm. Die skoolgemeenskap van Hoërskool Jim Fouché is trots op Melani se uitsonderlike prestasie en sien met opgewondenheid uit na die finale rondes van die kompetisie.

https://jf.co.za

Foto verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article