Bethlehem Voortrekker Hoërskool se tennisspanne het hierdie week met trots aan die Oos‑tennisliga deelgeneem en uitstekende spel gelewer.
Die 2de meisiespan het teen Wilgerivier se 1ste span ’n indrukwekkende 5–1 oorwinning behaal. Dit is ’n sterk vertoning wat hul toewyding beklemtoon.
BVHS se 1ste seunsspan het dapper teen Wilgerivier se 1ste span meegeding. Ondanks ’n 4–2 nederlaag, het die seuns hul beste op die baan gegee.
Die 2de seunsspan het teen Vrede se 1ste span ’n spannende wedstryd gespeel wat gelykop geëindig het, maar Voortrekker het uiteindelik met 31–23 in spelle die oorwinning behaal.
Ons 3de meisiespan het teen Vrede se 1ste span ’n 4–2 nederlaag gely, maar waardevolle ervaring opgedoen en met trots vir die skool gespeel.

Voortrekker is trots op elke speler se sportmangees, harde werk en die manier waarop hulle die skool se naam met waardigheid verteenwoordig.
Foto’s verskaf







You must be logged in to post a comment.