Hoërskool Witteberg is trots om te deel dat Witteberg 1ste krieketspan Saterdag, 18 Oktober, hul liga teen Hoërskool Jim Fouché in Bethlehem afgeskop het met ’n oorwinning van 155 lopies.
- Witteberg het eerste gekolf en ’n indrukwekkende totaal van 290/6 in 50 beurte aangeteken.
- Ons boulers het daarna die teenstanders se paaltjies vinnig laat kantel en hulle in die 31ste beurt vir 135 lopies uitgehaal.
Witteberg se uitblinkers van die dag
- Kolwers:
- Janco Botha – 116 lopies van 146 balle
- Xander Fourie – 52 lopies van 68 balle
- Boulers:
- Anru Erasmus – 3 paaltjies vir 28 lopies in 6 beurte
- Lwazi Mosea – 2 paaltjies vir 24 lopies in 6 beurte
- WJ Gildenhuys – 1 paaltjie vir 9 lopies in 6 beurte
Hierdie oorwinning van die Witteberg Eerste krieketspan bevestig die span se talent en toewyding en skep groot verwagtinge vir die res van die seisoen.

Baie geluk, manne – Witteberg staan agter julle en wens julle sterkte toe vir die komende wedstryde!
Foto’s verskaf







You must be logged in to post a comment.