SISKA MARTIN
BLOEMFONTEIN – Die Universiteit van die Vrystaat (UV) en Novus Media se 45ste Matrikulant van die Jaar-kompetisie het vandag sy topgroep bekend gemaak: ’n groep veelsydige matrikulante van 15 skole van oor die land heen.
Van die topgroep sal 14 finaliste – 11 meisies en drie seuns – van 5 tot 7 Oktober aan die eindronde io die Monte Bello-landgoed buite Bloemfontein deelneem.
Die kandidate word nie net vir hul akademiese prestasies erken nie, maar ook vir hul leierskap, sport- en kultuurprestasies. Baie van die leerlinge is ook aktief by hul skole en in hul gemeenskappe betrokke.
Die oorblywende 11 semifinaliste kwalifiseer eweneens vir prysgeld en studiebeurse wat deur die kompetisie se borge moontlik gemaak word.
LEES OOK: Triumph for Eunice during 150th birthday
Borge en pryse
Die Kovsie-Alumni Trust is weer die hoofborg van die kompetisie met ’n bydrae van R125 000. Ander borge is Absa (R120 000), Pick n Pay Preller Walk (kombuisware vir die 15 finaliste) en Forvis Mazars (R35 500).
Wenner: R25 000 se prysgeld ná registrasie in 2027 in ’n Absa-rekening, asook ’n R15 000-studiebeurs van UV-Studentewerwing.
14 finaliste: Elkeen ontvang R13 000 se prysgeld ná registrasie, ’n R10 000-studiebeurs en ander geskenke van die borge.
11 semifinaliste: Elkeen ontvang R6 000 se prysgeld en ’n R5 000-studiebeurs van die UV ná registrasie in 2027.
Die finaliste en hul ouers sal tydens die eindronde behoorlik bederf word as deel van die vieringe rondom die hoogtepunt van die kompetisie.
Tydens die finale beoordeling in Bloemfontein sal die 14 finaliste onder meer deur verteenwoordigers van die borge ondervra word. Die kompetisie se ouditeurs, Forvis Mazars, sal deurentyd teenwoordig wees om toe te sien dat die beoordelingsproses glad en regverdig verloop.
Hier is die 14 finaliste en 11 semifinaliste in alfabetiese volgorde:































