o.15-Iqhawe – Twee Jan van Riebeeck-leerders haal span

o.15-Iqhawe - Twee Jan van Riebeeck-leerders haal span
Bradwin Owies en Pierre van Niekerk gekies vir die o.15 -Iqhawe-span

o.15-Iqhawe – Twee Jan van Riebeeck-leerders haal span

o.15-Iqhawe - Twee Jan van Riebeeck-leerders haal span
Bradwin Owies en Pierre van Niekerk gekies vir die o.15 -Iqhawe-span

Twee belowende rugbyspelers van die Hoërskool Jan van Riebeeck het ‘n belangrike mylpaal in hul sportloopbane behaal. Bradwin Owies en Pierre van Niekerk is gekies om die Westelike Provinsie o.15 Iqhawe-span te verteenwoordig. Hulle insluiting is as gevolg van indrukwekkende vertonings wat vanjaar hul toewyding en volharding op die veld beklemtoon het.

Bradwin het reeds tydens die Marius Schoeman-toernooi in die Paarl waardevolle ervaring opgedoen toe hy vir die Vuka-span uitgedraf het. Die Vuka-program is ’n grondvlak-rugbyontwikkelingsinisiatief van die “South African Rugby Legends Association” (SARLA) in samewerking met SA Rugby. Dit bied jong spelers ’n unieke geleentheid om hul talent verder te slyp.

Die skoolgemeenskap is uiters trots op beide spelers en wens hulle alle sterkte toe met die komende toernooi. Hierdie geleentheid is nie net ’n groot eer nie, maar ook ’n belangrike stap in hul rugbyloopbane.

https://janvanriebeeck.co.za/

Foto’s voorsien

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article