Hoërskool Outeniqua vier met trots die prestasie van agt Kwagga-rugbyspelers wat vir die SWD Hoërskole 7’s-span 2026 gekies is.
Die spelers is:
- Jean Capes
- Heliano Beukes
- Gerrit Janse van Rensburg
- Danell Delport
- Ray‑Jordan Schoeman
- Aviwe Kalo
- Jaco Jacobs
- Juan Swem
Hierdie aanstelling is ’n groot erkenning van hul talent, toewyding en harde werk. Die Kwagga‑familie staan bankvas agter elke speler en glo dat hulle met trots en vasberadenheid die span gaan versterk.







Hierdie agt manne dra nie net die Kwagga‑trui nie, maar ook die waardes van die skoolgemeenskap.
Foto’s verskaf







You must be logged in to post a comment.