Oudtshoorn – Langenhoven Gimnasium is baie trots om aan te kondig dat twee van die skool se uitstaande kriekettalente, Nikita Stander en Franco Meyer, gekies is om SWD‑krieket by die Garden Route Badgers se o.16‑spanne te verteenwoordig.
- Nikita Stander is ingesluit in die dogters o.16‑span. Die span gaan van 9 tot 12 Desember 2026 aan die Emiris Dogters O.16-krieketweek in Pretoria deelneem.
- Franco Meyer is gekies vir die seuns o.16‑span wat van 10 tot 14 Desember 2026 aan die Emiris Seuns o.16‑krieketweek in Bloemfontein gaan deelneem.
Hierdie prestasie is ’n bewys van hul harde werk, toewyding en talent. Die Gimmie‑gemeenskap staan agter hulle en wens beide spelers alle sterkte toe. Mag hulle die geleentheid geniet, hul vaardighede ten volle uitleef en met trots die Gimmie‑kleure uitdra.
Baie geluk, Nikita en Franco – julle inspireer en bevestig die Gimmie‑gees op die hoogste vlak!
Foto’s verskaf






