POTCHEFSTROOM – FIH Fives-wêreldbeker. Potchefstroom-Gimnasium vier met groot trots die uitsonderlike prestasie van Timari Jonker. Sy is gekies is om Suid-Afrika by die komende FIH Fives-wêreldbeker in Ismailia, Egipte, te verteenwoordig. Die toernooi vind van 4 tot 13 Desember 2026 plaas en sal van die wêreld se beste Fives-hokkiespelers byeenbring.
Timari se insluiting in die Suid-Afrikaanse span is die beloning vir jare se harde werk op die hokkieveld. Om die groen en goud op die internasionale verhoog te dra, is ‘n besonderse mylpaal.
Vir Potchefstroom-Gimnasium is hierdie prestasie nie net ‘n persoonlike triomf vir Timari nie. Dit bevestiging die hoë standaard van hokkie waarvoor die skool bekend is. Die feit dat ‘n Gimmie die geleentheid kry om teen die wêreld se beste talente mee te ding, weerspieël die gehalte van die skool se sportprogram en die harde werk van spelers, afrigters en ondersteuners.
Die FIH Fives-formaat, is bekend vir sy vinnige tempo, opwindende spel en hoë intensiteit. Dit gee spelers die kans om hul vaardighede op internasionale vlak ten toon te stel. Timari se deelname aan dié wêreldbekertoernooi sal nie net waardevolle ervaring oplewer nie Dit dien ook as ‘n inspirasie vir hokkiespelers wat daarvan droom om eendag Suid-Afrika te verteenwoordig.
Die Gimmie-gemeenskap sien met groot verwagting uit na Timari se deelname en is trots daarop om haar op hierdie besondere reis te ondersteun. Haar prestasie dien as bewys dat toewyding, dissipline en harde werk groot deure kan oopmaak.
Potchefstroom-Gimnasium wens Timari alle sterkte toe vir die uitdagings wat voorlê. “Mag jy elke oomblik van hierdie unieke ervaring geniet, jou land met trots verteenwoordig en die Gimmie-naam hoog hou op die wêreldverhoog.”
Foto verskaf






