PRETORIA – Sokkersukses. Vier Graad 9-leerders van die Gereformeerde Skool Dirk Postma het onlangs uitstekende sokkersukses behaal. Hulle het saam met die Hollandia Sokkerklub Football Association of Pretoria (FAP) die eindstryd gewen. Die prestigebeker vir 2026 is deur hulle ingepalm.
Die talentvolle spelers van Gereformeerde Dirk Postma-leerders is:
- Hendrik Boersema
- Wian Boersema
- Korah Mnisi
- Robert van der Vinne.
Hierdie vier spelers was deel van die Hollandia-span, wat op 3 Oktober in ’n spannende eindstryd teen Titans geseëvier het. Die telling was 2-1. Die oorwinning het die span se harde werk, deursettingsvermoë en goeie spanwerk deur die seisoen bekroon.

Om ’n plek in ’n kampioenspan te verdien, verg nie net tegniese vaardighede nie. Dit verg ook toewyding, dissipline en die vermoë om onder druk te presteer. Die vier Dirk Postma-leerders het deur hul betrokkenheid ’n waardevolle bydrae gelewer tot die span se sukses. Hulle het ook bewys dat hulle oor besondere sokkertalent beskik.
Gereformeerde Skool Dirk Postma is trots op hierdie vier leerders se prestasies, en wens hulle alle voorspoed toe vir hul toekomstige deelname op die sokkerveld.
Met hierdie indrukwekkende prestasie het hulle nie net hul klub nie, maar ook hul skool met trots verteenwoordig.
Foto verskaf







You must be logged in to post a comment.