Potchefstroom Gimnasium se atlete het die afgelope naweek met trots en deursettingsvermoë aan die gesogte Grey/Oranje-atletiekbyeenkoms in Bloemfontein deelgeneem. Hierdie byeenkoms het nie net uitstekende prestasies gelewer nie, maar ook waardevolle voorbereiding vir die komende atletiekseisoen.
Die Gimmies se seunspan het algeheel tweede geëindig in die B-afdeling, ’n bewys van hul krag en vasbyt.
Prestasies bo 800 punte:
- Zuan van Riet – 100 m hekkies
- Logan Botes – diskus
- Conner Hollenbach – 110 m hekkies en 200 m
- Damian Zwahlen – spiesgooi
- Alrike Hattingh – 800 m
- Hayley Lues – 90 m hekkies
- Lizé van Zyl – 200 m
- Doneli Steynberg – gewigstoot en diskus
Prestasies bo 900 punte:
- Logan Botes – gewigstoot
- Logan Botes – gewigstoot en diskus
- Keilla Chatambudza – 400 m hekkies
- Lizé van Zyl – 100 m
Goud: Logan Botes (gewigstoot), Vinaldo Spamers (diskus), Damian Zwahlen (spiesgooi), Lizé van Zyl (100 m & 200 m)
Silwer: Katlego Mphamo (300 m hekkies), Keilla Chatambudza (400 m hekkies), Doneli Steynberg (gewigstoot & diskus)
Brons: Zuan van Riet (300 m hekkies), Conner Hollenbach (200 m), Vinaldo Spamers (gewigstoot), Dogters o.17-aflos
Verder het verskeie atlete hul plek in die Top 8 verseker, waaronder Cody McCarthy, Conrad Nel, Liam Botes, Armin Opperman, Alrike Hattingh, Hayley Lues en die seuns o.17-aflosspan.

Hierdie prestasies dien as ’n inspirerende begin vir wat beloof om ’n besonderse atletiekseisoen te wees.
Foto’s verskaf







You must be logged in to post a comment.