Leeuwenhof Akademie vier met trots die uitstaande prestasies van twee van sy jong atletieksterre. Hierdie twee Leeuwenhof-atlete, Megan Waller en Ewald Taljaard, het Suid-Afrika by die Confederation of School Sport Associations of Southern Africa (COSSASA) Games in Bulawayo, Zimbabwe verteenwoordig.
Alhoewel hulle nog in die o.15-ouderdomsgroep deelneem, het Megan en Ewald hul talent en vasberadenheid teen ouer atlete bewys. Beide atlete het silwermedaljes in die o.18-kategorie verower:
- Megan Waller – 1500 m
- Ewald Taljaard – Gewigstoot
Om Suid-Afrika op internasionale vlak te verteenwoordig, is reeds ’n besondere eer. Dat hierdie twee Leeuwenhof-atlete dit as o.15-atlete reggekry het om medaljes in ’n hoër ouderdomsgroep te verower, maak hierdie prestasies nóg meer merkwaardig.
Die skoolgemeenskap beskou Megan en Ewald se harde werk, toewyding en sportmanskap as ’n inspirasie vir elke jong atleet. Hulle het nie net Leeuwenhof Akademie se naam hoog gehou nie, maar ook Suid-Afrika met trots op die internasionale verhoog verteenwoordig.
Baie geluk, Megan en Ewald – julle is ware Leeus!






