Suid-Afrikaanse Atletiekspan. Twee van Leeuwenhof Akademie, Bedfordview, se uitblinker atlete is gekies vir die Suid-Afrikaanse atletiekspan. Megan Waller en Ewald Taljaard is gekies vir die 2026 COSASSA Kampioenskappe.

Die prestigeryke toernooi vind van 31 Augustus tot 3 September 2026 in Bulawayo, Zimbabwe plaas. Hierdie COSASSA-kampioenskappe bring die beste jong atlete van die streek byeen.

Die keurings is ’n merkwaardige erkenning van die leerders se toewyding, harde werk en deursettingsvermoë. Hulle dra nie net die Leeuwenhof-kleure met trots nie, maar sal ook Suid-Afrika se naam op die internasionale verhoog hoog hou.

Die skoolgemeenskap wens Megan en Ewald alle sterkte toe en glo dat hulle met hul talent en vasberadenheid ’n trotse bydrae tot die span sal lewer.

https://leeuwenhof.co.za/

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article