Bloemhof se Karla Kieviet dra Protea-kleure in Turkye
o.19 Protea-onderwaterhokkiespan by die Wêreldkampioenskap in Gebze, Turkye

Bloemhof se Karla Kieviet dra Protea-kleure in Turkye


Hoër Meisieskool Bloemhof, Stellenbosch, is trots om aan te kondig dat Bloemhof se Karla Kieviet tans Suid-Afrika verteenwoordig in die o.19 Protea-onderwaterhokkiespan by die Wêreldkampioenskap. Die toernooi vind plaas in Gebze, Turkye van 16 tot 25 Julie.

Die span, wat onder die South African Underwater Hockey Federation (SAUWHF) funksioneer, neem gereeld deel aan internasionale toernooie en bied jong spelers die geleentheid om hul talent op wêreldvlak te wys.

Karla het vroeër van die week haar Protea-baadjie ontvang – ’n merkwaardige prestasie wat haar skoolgemeenskap met trots vervul.

Bloemhof wens Karla en haar span alle sterkte toe vir die toernooi. “Baie geluk, Karla – jy inspireer ons almal by Bloemhof!”

https://hmsbloemhof.co.za/

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article