Bloemhof-leerder, Melissa, skitter op internasionale kriekettoer
Melissa van der Merwe, Hoër Meisieskool Bloemhof, Stellenbosch, verteenwoordig SA o.19-vrouekrieket in Pakistan

Bloemhof-leerder, Melissa, skitter op internasionale kriekettoer

Bloemhof-leerder, Melissa, skitter op internasionale kriekettoer
Melissa van der Merwe, Hoër Meisieskool Bloemhof, Stellenbosch, verteenwoordig SA o.19-vrouekrieket in Pakistan

Hoër Meisieskool Bloemhof in Stellenbosch vier groot trots saam met Melissa van der Merwe. Hierdie Bloemhof-leerder is tans deel van die Suid-Afrikaanse o.19-vrouekrieketspan op ’n geskiedkundige Youth T20-internasionale toer in Pakistan.

Die toer, wat van 14–24 Julie 2026 plaasvind, sluit vyf T20I-wedstryde in Karachi in en dien as belangrike voorbereiding vir die ICC o.19 Vroue T20 Wêreldbeker wat in Januarie 2027 aangebied word.

Suid-Afrika het die eerste wedstryd op 14 Julie met vier paaltjies gewen ná sterk vertonings deur Ashleigh van Wyk en Chanel Venter. Pakistan het egter die tweede wedstryd op 17 Julie met 47 lopies gewen om die reeks gelyk te maak.

Die span bestaan uit Mieke van Voorst (kaptein), Chris-Mari Bezuidenhout, Daneli Boshoff, Jae-Leigh Filander, Reabetswe Dithupe, Miya Lalor, Respect Mabasa, Ziya Mohanlall, Makwana Moriri, Lungile Ngcobo, Melissa van der Merwe, Diedre van Rensburg, Ashleigh van Wyk, Chanel Venter en Nobubelebesisa Zwane.

Bloemhof sê: “Ons is ongelooflik trots op Melissa en wens haar en die span alle sterkte toe vir die res van die toer.”

Die Suid-Afrikaanse o.19-vrouekrieketspan op ’n geskiedkundige Youth T20 Internasionale toer in Pakistan.

https://hmsbloemhof.co.za/

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article