Ruben skitter in 2026 Powerlifting seisoen Nas én internasionaal
Ruben verwerf sy Junior Protea-kleure

Ruben skitter in 2026 Powerlifting seisoen Nas én Internasionaal


Hoërskool Diamantveld, Kimberley, se Ruben skitter in 2026 Powerlifting seisoen. Diamantveld is baie trots om Ruben se merkwaardige prestasies in die 2026 Powerlifting-seisoen te vier.

  • Noordwes Classic & Equipped Powerlifting Championships – Goud (Sub-Junior 66 kg)
  • SA Classic Powerlifting Championships – Silwer (Sub-Junior 66 kg)
  • Asia Pacific African Powerlifting & Bench Press Championships – Brons (Sub-Junior 66 kg)

Met sy uitmuntende vertoning op internasionale vlak het Ruben sy Junior Protea-kleure verwerf – ’n mylpaal wat sy toewyding en deursettingsvermoë bekroon. Hy is ook as reserwe aangewys vir die World Junior & Sub-Junior Powerlifting Championships wat later vanjaar by Sun City aangebied word.

Baie geluk, Ruben! Jou harde werk en vasberadenheid is ’n inspirasie vir jou skool en die Kimberley-gemeenskap.

https://www.diamantveld.co.za/

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article