Nasionale Hokkietoernooi. Hoërskool Ermelo se hokkietrots, Nathan Herbst, het onlangs sy merk gemaak tydens die nasionale hokkietoernooi. Hy was deel van die Mpumalanga o.18B‑span waar hy ’n puik bydrae gelewer het.
Die span het ’n verdienstelike sewende plek tydens die hokkietoernooi behaal. Nathan het sy talent verder bevestig deur die eerste doel van die toernooi vir Mpumalanga aan te teken. Dit was ’n besondere hoogtepunt wat sy deursettingsvermoë en vaardigheid onderstreep het.
Die skoolgemeenskap is uiters trots op Nathan se sukses. Hy is ’n inspirasie is die jong Erries wat hul sportdrome nastreef.






