Hoërskool Outeniqua, George, is trots op Outeniqua-atlete wat die Wes-Kaap verteenwoordig het by die SA Biathle, Triathle & Laser Run Kampioenskappe van 2 tot 4 Julie 2026 in Pietermaritzburg.
Lizandri Koen behaal Brons in Biathle (Dogters O.19), Ruan Share – Goud in Biathle & Silwer in Triathle (Seuns O.15).
Baie geluk ook aan Alexa Stahmer (Biathle), Nina Koen (Biathle) en Nicolaas Human (Laser Run) wat met trots Outeniqua en die Wes-Kaap verteenwoordig het. Julle toewyding en harde werk het vrugte afgewerp – Kwaggas is ongelooflik trots op elkeen van julle!

Foto’s verskaf







You must be logged in to post a comment.