Gauteng – Leeuwenhof Akademie vier met trots die uitstaande prestasies van sy Top 10-atlete. Hulle het aan die Curro Podium North Atletiekbyeenkoms 2026 deelgeneem het.
Die byeenkoms het ’n waardevolle geleentheid gebied om vaardighede te toets. Leeuwenhof se atlete het ook waardevolle ASA-punte aangeteken en teen sterk kompetisie presteer. Die Leeuwenhof-atlete het met fokus en vasberadenheid meegeding en hul harde werk en toewyding duidelik weerspieël.
Onder die hoogtepunte:
- Megan Waller – Goud in 1500 m en 3000 m (1813 ASA punte)
- Ewald Taljaard – 5de algeheel met 1904 ASA-punte in gewigstoot en diskus
- Ander sterk vertonings: Nicka Taljaard (1526), Claire van Vuuren (1512), Amori Oosthuizen (1482), Liam Galatis (1458), Jean Fourie (1370) en meer.
Met sowat 2400 deelnemers het Leeuwenhof se atlete hul kleure met trots verteenwoordig en die skool algeheel 36ste uit 49 geplaas. Hierdie prestasies is ’n bewys van die konsekwente voorbereiding en toewyding wat ons atlete deur die seisoen insit.

Die Curro Podium was nóg ’n belangrike stap in hul ontwikkeling en voorbereiding vir die res van die atletiekseisoen.
Foto’s verskaf







You must be logged in to post a comment.