Hoërskool Monument het die naweek met trots aan die Curro Podium Regionals deelgeneem en ’n indrukwekkende vier plekke verbeter vanaf 2025. Monnas se atlete het met uitsonderlike vasberadenheid en sportmanskap presteer en die skool het algeheel 8ste geëindig uit 59 deelnemende skole – ’n prestasie wat groot trots bring.

Uitstaande individuele uitslae sluit in:

  • Annabelle Blignaut – 1ste plek Gewigstoot
  • Annabelle Blignaut – 1ste plek Diskus
  • Annabelle Blignaut – vir die tweede jaar aangewys as Junior Velddogter van die dag
  • Milan Blignaut – 1ste plek Hoogspring
  • Wilmé Victor – 2de plek 1500 m
  • Wilmé Victor – 2de plek 3000 m
  • Taya Pelser – 2de plek 3000 m
  • Kitso Mokoma – 2de plek 100 m Hekkies
  • Deacan Rossouw – 2de plek 400 m Hekkies
  • Siphiwe Kubheka – 3de plek 100 m

Atlete wat meer as 900 punte op die APE-tabel behaal het:

  • Ila Oosthuysen – 908 punte (200 m)
  • Heinrich Botha – 902 punte (Verspring)
  • Kairen van der Bank – 917 punte (Gewigstoot)
Kitso Moloma, Deacon Rossouw, Siphiwe Kubheka

Monnas is baie trots op elke atleet wat met harde werk, toewyding en trots die skool se naam hoog gehou het. Hierdie uitslae bevestig dat Monument Hoërskool se atletiekspan met ware Monnas-gees aanhou groei en uitblink.

https://monnas.co.za/

Foto’s verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article